UP Journals (Univ. of Pretoria)
Not a member yet
4792 research outputs found
Sort by
The role of a curator ad litem and children’s access to the courts
Normaalweg is dit ’n kind se ouer(s) wat hom of haar in litigasie bystaan of vir en namens die kind litigeer. In uitsonderlike gevalle is dit egter nie moontlik of wenslik om hierdie funksie aan die ouers of voogde oor te laat nie. Dit is deel van ons Romeins-Hollandse regserfenis dat kurators ad litem in hierdie gevalle gebruik word om kinders se ontbrekende of beperkte verskyningsbevoegdheid aan te vul. In hierdie bydrae word aangetoon dat die regspraak die rol van die kurator ad litem duidelik omskryf het deur dit onder andere te onderskei van die rol van die Gesinsadvokaat en ’n regsverteenwoordiger. Daar word voorts ook aangetoon dat die howe egter verder gegaan het en die rol van die kurator ad litem wat vir kinders optree, uitgebrei het om onder andere ook die belange van kinders in die algemeen te dien, dus in gevalle waar hulle nie voor die hof was nie. Die uitbreiding van die rol van hierdie kurators kan op vele maniere verklaar word. Dit kan egter nie betwyfel word dat die Kinderwet 38 van 2005 en litigasie wat in die openbare belang ten behoewe van kinders onderneem word, ’n leeue-aandeel hierin gespeel het nie.
Hierdie uitbreiding word verwelkom omdat toegang tot die howe noodsaaklik is ten einde sosiale geregtigheid te bewerkstellig en kinderregte te verwesenlik. Daar word egter ook aangetoon dat die Suid-Afrikaanse kinderreg in hierdie verband by ander regstelsels kan kersopsteek, aangesien kinders in sekere gevalle steeds hul reg op deelname aan belangrike besluitneming ontneem word
Let false light (publicity) shine forth in South African law
Die reg aangaande privaatheidskending het die afgelope aantal jare drastiese ontwikkeling ondergaan in alle opsigte, behalwe met betrekking tot vals lig publikasie. Die onlangse saak van Le Roux v Dey 2011 3 SA 274 (CC) het egter ’n hewige debat ontketen oor die vraag of ’n gemanipuleerde foto wat ’n skoolhoof en adjunk-skoolhoof in ’n seksueel-suggestiewe posisie uitbeeld, sou neerkom op laster. Die Konstitusionele Hof het in ’n meerderheidsuitspraak bevind dat dit inderdaad lasterlik was. Twee aparte minderheidsuitsprake het egter bevind dat die foto nóg belasterend was, nóg die menswaardigheid van die betrokke individue geskend het. Die standpunte van die minderheid was hoofsaaklik gegrond op omsigtigheid om in stryd met artikel 9 van die Grondwet, wat diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie verbied, op te tree. Meeste van die kritiek wat op die meerderheidsuitspraak gelewer is, deel hierdie sentiment. Dit is glad nie vergesog nie dat die howe uiteindelik in die toekoms kan weier om hulp te verleen waar moontlike skending van artikel 9 ter sprake mag kom. Dit laat egter die vraag ontstaan of die tyd nie ryp is om die reg aangaande vals lig privaatheidskending te ontwikkel nie, om in sodanige gevalle inderdaad ’n remedie te verleen
Modjadji Florah Mayelane v Mphephu Maria Ngwenyama [2013] ZACC 14: The effect of lack of consent of a spouse of a customary marriage on the validity of a further or subsequent customary marriage of her husband. Lack of such consent renders the subsequent marriage invalid in terms of Xitsonga customary law.
The judicial application of the “interest” requirement for standing in constitutional cases: “A radical and deliberate departure from common law”: Die Geregtelike Toepassing van die Vereiste van “Belang” met Betrekking tot Verskyningsbevoegdheid in Grondwetlike Sake: “’n Radikale en Doelbewuste Afwyking van die Gemenereg”
Hierdie artikel ondersoek die geregtelike toepassing van die vereistes vir verskyningsbevoegdheid (locus standi) in grondwetlike aangeleenthede sedert die aanvang van die grondwetlike era in Suid-Afrika. In die lig van die parlement se betreurenswaardige versuim om die aanbevelings van die Suid-Afrikaanse Regskommissie met betrekking tot klas- en openbare aksies te implementeer, moes die land se howe stapsgewys hul eie sekerheid rakende die vereistes en vertolking van verskyningsbevoegdheid skep. In die vorige Westminster-staatsmodel is verskyningsbevoegdheid beperk tot litigante wat ’n direkte, beduidende belang by die saak en by die gewenste regsverligting kon toon. Hierdie streng benadering tot verskyningsbevoegdheid was gegrond op vrese dat ’n liberaler aanslag die sluise van litigasie sou ooptrek, wat op sy beurt openbare administrasie sou bemoeilik. Die aanvaarding van die Grondwet van 1996, en artikel 38 in die besonder, het egter ’n era van groot verandering in die bepalings oor verskyningsbevoegdheid ingelui. Dít blyk duidelik uit presedentereg sedertdien. Aan die hand van ’n bespreking van die waterskeidingsaak Ferreira v Levin, die Giant Concerts-aangeleentheid, die Tulip Diamonds-saak en etlike ander onlangse uitsprake, bied hierdie artikel ’n uitstippeling van die howe se stelselmatige vertolking en toepassing van artikel 38 met betrekking tot die vereistes vir verskyningsbevoegdheid in grondwetlike aangeleenthede. Dit word eerstens vinnig duidelik dat daar, in teenstelling met destyds, nou van howe verwag word om ’n ruim benadering tot verskyningsbevoegdheid in grondwetlike litigasie te volg en só te verseker dat die regte in die Handves van Regte sowel as elders in die Grondwet verwerklik word. Tweedens blyk dit dat litigante wat in eie belang optree, verkieslik ook “iets meer” as blote eie belang moet bewys; ’n groter openbare belang wat met die Grondwet strook. Sodanige groter openbare belang sluit onder meer in die behoefte aan groter regsekerheid vir behoorlike regspleging, die belang om te verseker dat openbare mag ingevolge grondwetlike en regsvoorskrifte uitgeoefen word, en die behoefte om die onafhanklikheid van die regbank te verseker en te versterk. Die derde en finale gevolgtrekking van hierdie navorsing is dat artikel 38 van die Grondwet inderdaad ’n radikale en doelbewuste afwyking van die gemenereg behels, en dat die Grondwet self ’n juiste en doeltreffende raamwerk bied vir ’n hof om grondwetlike verskyningsbevoegdheidsvereistes te bepaal. Laastens word die nie implementering van die Suid Afrikaanse Regskomissie se konsep wetsontwerp vir openbare-en klasaksies betreur omdat regsrekerheid reeds ‘n geruime tyd gelede oor kwessies van locus standi verkry kon gewees het
A historical overview of the regulation of market abuse under the Securities Services Act 36 of 2004*: ’n Historiese Oorsig van die Regulering van die Mark Misbruik Onder die Securities Services Act 36 van 2004
Die gevolge van die misbruik van die mark word reeds in ’n aantal van die wêreld se finansiële markte gevoel. Suid-Afrika is nie ’n uitsondering nie. ’n Reputasie van hoë vlakke van die mark misbruik praktyke wat verband hou met die Suid-Afrikaanse finansiële markte in die middel van die 1990\u27s is ’n goeie voorbeeld. In ’n poging om die misbruik van die mark in Suid-Afrika te bekamp, is die Securities Services Act 36 van 2004 verorden ten einde al die gebrekkige bepalings van die Wet op Binnekennistransaksies 135 van 1998, te herroep en te verbeter. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel ’n oorsig bied sowel as ’n ontleding van die doeltreffendheid van die mark misbruik regulerende raamwerk in terme van die Securities Services Act 36 van 2004 te ondersoek ten einde vas te stel of dit openbare vertroue van beleggers in die Suid-Afrikaanse finansiële markte herstel het. Laasgenoemde word gedoen om bewustheid te verhoog aan die kant van die betrokke rolspelers ten aansien van die vraag of die Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing behoorlik toegepas word. Die artikel bespreek ook ander maatreëls wat aangewand kan word, waar nodig, ten einde die betrokke Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing sowel as die toepassing daarvan te verbeter
MEC for Economic Affairs, Environment and Tourism, Eastern Cape v Kruizenga 2008 6 SA 264 (Ck) MEC for Economic Affairs, Environment and Tourism, Eastern Cape v Kruizenga 2010 4 SA 122 (SCA): Ostensible authority, reliance and the implied authority of an attorney to compromise a suit
Can an employer still raise the retrenchment flag in interest negotiations? The Fry\u27s Metals case under the Labour Relations Amendment Bill 2012
Artikel 187(1)(c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 55 van 1996 (“WAV”) maak die sogenaamde uitsluitings-ontslag, in die loop van kollektiewe onderhandelinge, outomaties onbillik. Werknemers word egter alleenlik deur die huidige artikel 187(1)(c) beskerm, as die afdanking ten doel het om die werknemers te dwing om hul werkgewer se eis ten aansien van ’n aangeleentheid van gemeenskaplike belang te aanvaar, en as die afdanking bloot tydelik is.
Dit is dus huidig moontlik om finale diensbeëindigings teweeg te bring, vir operasionele redes (ingevolge artikel 189 of 189A van die WAV) as werknemers nie bereid is om toe te stem tot wysigings aan hulle diensvoorwaardes nie, mits die werkgewer substantiewe billikheid in die ontslag kan bewys, en solank die ontslag nie tydelike werking het nie.
Op 22 Maart 2012 het die Suid-Afrikaanse Kabinet sekere voorgestelde wysigings aan die WAV goedgekeur. Artikel 187(1)(c) sal, as die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar word, die uitwerking hê dat enige ontslagte wat intree as gevolg van werknemers se weiering om toe te stem tot eise van hul werkgewers, ten aansien van aangeleenthede van gemeenskaplike belang, outomaties onbillik sal wees. Dit laat die vraag ontstaan hoe werkgewers artikel 189- en 189A-prosesse, waar moontlike veranderinge aan diens-voorwaardes voorgestel word as alternatief tot ontslag, moet benader, en of sodanige situasies noodwendig tot gevolg sal hê dat die werkgewer nie werknemers wat weier om die alternatief te aanvaar, mag ontslaan nie.
Die skrywers kom tot die slotsom dat artikel 187(1)(c) nie voorrang behoort te geniet bo artikels 189 en 189A nie, en dat dit eerder ’n feitevraag moet wees, wat in elke geval beantwoord moet word, gebaseer op die normale kousaliteitsbeginsels, of die oorwegende rede vir die afdankings gevind kan word in ’n poging deur die werkgewer om werknemers te dwing om ’n aanbod op ’n gemeenskaplike-belang-aangeleentheid te aanvaar, teenoor die vraag of die rede vir die afdanking as gevolg van bona fide operasionele-vereistes ontslag is
Houston, we have a problem! Gaps, glitches and gremlins in recent amendments to the law of civil procedure pertaining to the magistrates’ courts
Die tempo van verandering op die gebied van siviele prosesreg het onlangs toegeneem. Grootskaalse verandering gaan egter dikwels gepaard met verwarring en ontwrigting. Merkwaardige veranderinge aan die struktuur en funksionering van die land se landdroshowe het onlangs ’n reeks “gapings, glipsies en goggas” tot gevolg gehad. Die aard en omvang van hierdie “gapings, glipsies en goggas” dui op ’n kommerwekkende ontwikkeling, naamlik dat onvoldoende sorg en aandag geskenk blyk te word gedurende die proses van wetsontwerp en opstel van regulasies. Indien dit nie aangespreek word nie, mag die verskeie probleme waarop hierdie artikel dui, selfs die toekomstige vlot transformasie van die Suid-Afrikaanse regstelsel verhinder
The influence of the Consumer Protection Act 68 of 2008 on the warranty against latent defects, voetstoots clauses and liability for damages
Die bespreking fokus op die invloed van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 op die gemeenregtelike waarborg teen verborge gebreke en die gemeenregtelike remedies tot die koper se beskikking waar die waarborg nie nagekom word nie. Die verbruiker se regte op veilige, goeie gehalte goedere ingevolge artikel 55 sowel as die versweë waarborg van gehalte ingevolge artikel 56 word krities bespreek. Die voortbestaan van voetstootsklousules ingevolge die Wet word bespreek asook die posisie waar eiendomsagente betrokke is by die verkoop van onroerende eiendom en die posisie ten opsigte van tweedehandse goedere. Ten laaste word die aanspreeklikheid vir skade deur goedere veroorsaak soos beoog in artikel 61 van die Wet bespreek