UP Journals (Univ. of Pretoria)
Not a member yet
4792 research outputs found
Sort by
The taxation of image rights: A comparative analysis
Sport het vandag ’n industrie geword en dit het gelei tot die kommersialisering van regte op die openbare beeld wat binne die konsep van persoonlikheidsregte en in die konteks van die actio iniuriarum erkenning geniet en as regtens beskermbare belang beskou word. Die daaropvolgende toename in sportlui se waarde en inkomste het onvermydelik die belasting-gaarder se belangstelling gewek. Dit het sportlui genoodsaak om belasting-advies te bekom en het ’n aantal belastingbeperkingskemas tot gevolg gehad. Een van hierdie skemas is om ’n sportman se verskaffing van promosie-dienste van sy lewering van spelersdienste te skei. Talle sportlui het met die oog op hul regte op die openbare beeld persoonlike maatskappye gestig wat bepaal hoe hierdie regte oorgedra of gelisensieer kan word en sodoende absolute beheer uitoefen oor die kommersiële ontginning van die sportman se regte op sy beeld. Die doel van sodanige skeiding is om die sportman se belastinglas te verlig deur belastingaanspreeklikheid op grond van vergoeding vir promosiedienste te vermy. Die inkomste wat verkry word uit die ontginning van regte op die openbare beeld sal deel van die maatskappy se winste vorm. Die maatskappy sal dan op sodanige winste belas word en die sportman sal ’n dividend van die maatskappy ontvang. Die regsvraag is egter of die belastinggaarder so ’n skema sal toelaat. Daar moet ook vasgestel word of die inkomste verkry uit die gebruik van ’n sportman se regte op die openbare beeld as van ’n kapitale aard beskou kan word wat as ’n kapitaalwins aan minder belasting onderhewig is en of dit as bruto inkomste ingevolge die Inkomstebelastingwet geklassifiseer moet word. Hierdie belastingkwessies is nog nie omvattend in Suid-Afrika aangespreek nie. Ten einde ’n beter begrip te verkry van die verwikkeldhede wat met die belasting van inkomste uit die gebruik van regte op die openbare beeld gepaardgaan, word die benadering in die Verenigde Koninkryk geëvalueer weens die ooreenkomste tussen ons regstelsels in hierdie verband
Recognising situatedness and resolving conflict: Analysing US and South African education law cases
Hierdie artikel voer aan dat hofbeslissings, veral die wat op die hoogste vlak gemaak word, nie die produk is van neutral regsbeginsels nie, maar heel dikwels van ideologie. Deur te verwys na sake soos Morse v Frederick and Parents Involved in Community Schools v Seattle School District No 1 in die Verenigde State, sowel as Mpumalanga Department of Education v Ermelo in Suid-Afrika, toon hierdie artikel duidelik op hierdie verskynsel wat merkwaardiglik nie algemeen aanvaar word nie. In antwoord daarop, stel die outeurs ’n leerstuk van omstandigheidsbewustheid oftewel “situational appreciation”, ’n leerstuk wat bewustheid van ’n besluitnemer se omstandighede in ag neem. Die omstandihede, of konteks, voorsien ’n verskaf ’n konsekwente maatstaf om die beslissende faktore in daardie Hoogste Hof- en Grondwetlike Hof uitsprake te identifiseer, verduidelik, en te bespreek. Daarby bespreek die artikel die invloed van kollegialiteit tussen regters in die hoogste howe, en beveel aan dat die Hoogste Hof in die Verenigde State en die Grondwetlike Hof in Suid-Afrika kollegialiteit beklemtoon om te verhoed dat skerp ideologiese verskille uitsprake beïnvloed, en te verseker dat uitsprake op grond van beginsels deur samewerking verwoord word. Hopenlik sal hierdie ontleding ’n noodsaaklike beskrywende en bepalende konteks verleen aan die uitsprake wat ons lewens voortdurend raak
The effectiveness of legal remedies in education: A school governing body perspective
Na bykans ’n dekade van grondwetlike regsontwikkeling, word howe steeds versoek om geskille tussen skoolbeheerliggame en hul onderskeie provinsiale onderwysdepartemente by te lê. Alhoewel verskeie redes hiervoor uitgelig kan word, fokus hierdie artikel op aangeleenthede wat betref die Staat en skoolbeheerliggame se besorgdheid aangaande die voorsiening van gehalte-onderwys in die taal van keuse ingevolge artikel 29(2) van die Grondwet. Die doeltreffendheid van regsmiddele in hierdie verband, word aan die hand van drie prominente hofsake, naamlik Laerskool Middelburg, Laerskool Mikro en Hoërskool Ermelo ondersoek. Vir die doeleindes hiervan, is ’n dokumentêre navorsingsontwerp en hermeneutiese benadering binne ’n kwalitatiewe dimensie in die kleine gevolg om die ervaring van minstens twee persone wat verbonde is aan elk van die skole en betrokke was by elke hofsaak, te bekom. Die resultate van die studie dui daarop dat taal oor die algemeen ’n polities-gedrewe aangeleentheid is, dat regsmiddele inderdaad - met verloop van tyd - verligting en sekerheid bring en dat howe wél die korrekte forum is vir geskilbeslegting wat betref onderwysaangeleenthede.
Congratulations! The court has just ruled in your favour. The easy part was winning the case. Now for the tricky part - getting the other party to pay up
The role of the judiciary in balancing flexibility and security
In wat volg word die regskeppende bevoegdhede van die howe ondersoek en drie verskillende maniere gemerk waardeur die howe kan bydra tot die regulering van die arbeidsmarkte. Eerstens, kan die howe nuwe regulering skep deur middel van hul vertolkingsmandaat. Tweedens, kan die howe nuwe regulering skep deur middel van hul remediërende magte na aanleiding van ’n bevinding van ongrondwetlikheid van bestaande reëls en regulasies. Derdens, kan howe ook verdere regulering deur die wetgewer veroorsaak in hul omgang met en hantering van wetgewing. Daar word gelet op die belang van wetgewing in die algemeen maar ook op die besondere belang van arbeidswetgewing ten opsigte van die regulering van die samelewing en die arbeidsmarkte. Verder word die inherente regskeppende funksie van die howe beskryf. Daar word gemerk dat sekere begrippe juis vaag en wyd opgestel is ten einde dit aan die howe oor te laat om die bepalings van sodanige wetgewing te vertolk en inhoud daaraan te gee. Die howe is dus belangrike akteurs in die buigsaamheid/sekerheid debat aangesien hulle reëls en regulasies “skep” deur middel van hulle vertolkingsmandaat. Daar word egter verder aangevoer dat (as gevolg van die openheid van taal) hierdie verskeinsel nie slegs beperk kan word tot daardie gevalle wat as vaag en wyd bestempel kan word nie. Die vertolkingsbenaderings van onderskeidelik die Hoogste Hof van Appèl en die Grondwetlike Hof, ten opsigte van arbeids-aangeleenthede, word ondersoek. Die howe kan egter ook reg skep na aanleiding van ’n bevinding van ongrondwetlikheid ingevolge artikel 172(1)(a) van die Grondwet en kan ook verdere ingrypings deur die wetgewer in die arbeidsmark veroorsaak. Hierdie verskeinsel laat vrae ontstaan oor hoe howe kan bydra tot die buigsaamheid/sekerheid debat en die regulering van die arbeidsmarkte.
“The courts are the capitals of law’s empire, and judges are its princes.”
Makulu Plastics & Packaging CC v Born Free Investments 128 (Pty) Ltd and Others 2013 1 SA 377 (GSJ)
Interference with contractual relationship - extension of existing categories for purposes of granting relief - requirements for granting of interdict to prevent interference - obligations of landlord in terms of contract of lease as alternative basis for relie
Beyond Neoliberal Paradigms: Integrating Ubuntu and Sam Moyo’s Political Thought in Zimbabwe’s Land Reform Policy
Land reform in Zimbabwe remains a deeply contested and symbolic issue entwined with historical injustices, cultural identity and socio-political power. Conventional neoliberal paradigms that frame land primarily as an economic commodity have failed to address the multifaceted realities of land dispossession and agrarian transformation. This study proposes a humanistic land nexus framework grounded in the political thought of Sam Moyo and African epistemologies such as Ubuntu, which reconceptualise land as intrinsically linked to human dignity, justice and communal identity. Drawing on a qualitative thematic analysis of diverse stakeholder perspectives, the study reveals critical tensions between policy intentions and lived experiences, highlighting issues of elite capture, marginalisation, disconnection from spiritual land values and inadequate state support. The findings affirm the necessity of integrating culturally grounded and participatory governance mechanisms, reparative justice and sustainable livelihoods into land reform policy. This framework challenges dominant neoliberal approaches and offers a normative roadmap for reimagining land reform in Zimbabwe and postcolonial Africa,emphasising the restoration of both land and humanity
The cost ineffectiveness of armed conflicts in Africa, 2000-2025
From around 2013, the number of armed conflicts in Africa increased to such an extent that over three quarters of the continent’s population were less secure in 2023 than they were a decade earlier. After reviewing the types of armed conflict, this article explains the main costs which they incur and then assesses the effectiveness of major armed conflicts on the continent between 2000 and mid-2025. Expressed in cost effectiveness terms, the resort to armed conflict to deal with differences and disputes during this time was very high in cost and very low in effectiveness. An attempt is then made to answer the following two questions: Why do countries persist with military approaches to meet security objectives? Are there more cost-effective alternatives available? The evidence is clear that the range of activities falling under the umbrella of peacebuilding are far more cost effective than armed conflict. A support structure would be required to organise and oversee their use and might involve the establishment of government ministries of peacebuilding
Madam & Eve: A change agent in the new South Africa
Social development is determined by the ways in which individuals establish their life-worlds by means of meaningful exchanges with others and with mass-mediated messages. Media analysts have historically concentrated more on photography, television and film analyses, than on cartoons or comic strips, probably because the latter are treated as so-called children\u27s stories. This article attempts to rectify this imbalance and to illustrate that an analysis of cartoons, as a graphic medium, has a legitimate place in mass-communication research. In so doing, this discussion aims to consider some answers to a question for which no universal consensus among researchers or academics currently exists, namely: How does communication contribute to development and change
A conspiracy of mediocrity
There is a growing interest today in the history, and theory of design . General works such as John Heskett\u27 s excellent book, Industrial Design (1980), are supplemented by more specialized studies on aspects including the industrial designer himself (Sparke 1983), industrial design in specific periods (Gloag 1962) and design for specific industries (Polak 1975)
Malling: A Postmodern landscape
The recent development of the Brooklyn Mall in Pretoria is typical and indeed symptomatic of the diversification of the shopping, entertainment and leisure industry in South Africa. Changes in the political arena have led to an expansion of the hospitality industry with more choices being offered to sophisticated consumers. As Magliolo ( 1998:31) points out \u27leisure and information [are] becoming the fastest-growing markets in the world today\u27. It is significant that shopping malls, as combined sites of leisure and commerce, increasingly operate as tourist attractions, and this may partly explain the refurbishment or extension of the malls at Sunnypark, Barclay Square, Arcadia Centre, Menlyn Park and Hatfield Plaza in Pretoria. This article contextualises the suburban mall as an example of Postmodern post-industrial capitalism, which has been influenced by the Disney prototype of themed entertainment. To illustrate the occurrence of malling, specific reference is made to the new Brooklyn Mall ( 1997, figure I), although the arguments can equally be applied to other new malls in Pretoria. This article demonstrates that Postmodern malls have changed the face of the contemporary landscape: not only do they contribute to the creation of class and economic identity, they also impart the notion of shopping as a social activity. In conclusion, the article intimates the future of the shopping mall, bearing in mind the impending increase of electronic shopping on the Internet, which many see as a threat to the traditional mall and its role in contemporary popular culture