UP Journals (Univ. of Pretoria)
Not a member yet
    4792 research outputs found

    Editorial / Redaksioneel: 45 Volume 2 2012

    No full text

    The rule of law versus decisionism in the South African constitutional discourse

    Full text link
    Die heerskappy van die reg (rule of law) is een van die grondliggende waardes van die Suid-Afrikaanse grondwetlike orde. Saam met ’n aantal ander waardes wat in artikel 1 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 vervat is, omskryf dit die eenstemmige waardekompleks waarop die huidige grondwetlike orde berus. Hierdie bydrae ontleed onlangse gebeure in die Suid-Afrikaanse grondwetlike diskoers, meer bepaald: (1) die omstredenheid rondom die Regterlike Dienskommissie se hantering van die klagtes van die regters van die Konstitusionele Hof teen regterpresident John Hlophe en (2) die president se verlenging van die ampstermyn van die vorige hoofregter kragtens ’n ongrondwetlike wetsbepaling. Daar word geargu-menteer dat die omstredenheid te wyte is aan twee onversoenbare denkbeelde oor die heerskappy van die reg. Die een is die klassieke konsep van oppergesag van die reg, wat op die beginsel van legaliteit gegrond is, en die ander, hier desisioinisme genoem, is gegrond op ’n “norm” van die “beste” besluit in die omstandighede. Hierdie diepliggende verskil spruit voort uit twee uiteenlopende (regs)kulture. Die een het ’n skriftuurlike grondslag en is geanker in ’n soewereine corpus van reg teenoor die ander een wat mondeling en teenswoordig-gesentreerd is en wat nie met die idee van ’n soewereine corpus van reg soos dit eeue lank in veral die Westerse regskultuur bestaan, bekend is nie

    Search and seizure of learners in schools in a constitutional democracy: A comparative analysis between South Africa and the United States

    Full text link
    In hierdie artikel word die regsraamwerk wat die effektiewe bestuur van deursoeking en beslagleggingsaksies rig, gebruik om die reg van leerders op privaatheid in gevalle van onredelike deursoeking en beslaglegging van leerders se besittings in Suid-Afrika te vergelyk met die Verenigde State. In Suid-Afrika mag ’n skoolhoof of die persoon aan wie hierdie gesag gedelegeer is, ’n groep leerders of die besittings van ’n groep leerders lukraak deursoek vir enige gevaarlike voorwerp of onwettige dwelmmiddel, mits daar ’n billike en redelike vermoede bestaan. In die Suid-Afrikaanse reg word die begrippe deursoeking en beslaglegging nie duidelik gedefinieer nie. Hoewel daar riglyne gepubliseer is wat die bestuur en voorkoming van dwelmmisbruik in skole rig, word deursoeking van leerders tans oorgelaat aan eie oordeel wat van een geval tot die volgende gebruik word. Deursoeking noodsaak ’n mate van skending van die reg op privaatheid van leerders of hulle besittings. Daar is ’n belangrike verskil tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wat betref die vryheid om ‘n individu te mag deursoek. In die Verenigde State mag ‘n skoolhoof nie ’n groep leerders deursoek as daar ’n redelike vermoede bestaan dat een van hulle ’n moontlike oortreding begaan het nie. Indien daar ’n redelike vermoede bestaan dat ’n individuele leerder ’n moontlike oortreding begaan het, mag slegs daardie leerder deursoek word. In die artikel word onderwysers gemaan dat elke situasie waartydens deursoeking of beslaglegging betrokke is van mekaar verskil en dat ’n presedent moeilik gevolg kan word. Nuwe hofuitspake en verskillende omstandighede noodsaak verskillende optredes. Die doel met deursoeking en inbeslaglegging van leerders se besittings moet verband hou met die handhawing van goeie orde en dissipline by ’n skool en nie met die toepassing van strafreg nie

    Pashukanis on crime and punishment

    Full text link
    Evgeny Pashukanis is bekend vir die sogenaamde kommoditeits-vorm regsteorie. Die teorie is gebaseer rondom die verhouding tussen die regsvorm en die kommoditeitsvorm, wat wentel om die beginsel van ekwivalensie. Pashukanis het dit as ’n algemene teorie ontwikkel en hy het dit nog altyd as sulks aanvaar. Sedert die publikasie daarvan in 1924, was die Pashukanis regsteorie die teiken van volgehoue kritiek. Een van die mees prominente punte van kritiek is die bewering dat die teorie nie algemeen toepassbaar is nie en dat die teorie nie van sy historiese oorsprong in kontraktereg kan ontsnap nie. Terwyl die beginsel van ekwivalensie toegepas kan word in privaatreg, weerspieël dit nie die verhoudings in die publiekreg nie. Pashukanis se poging om misdaad en straf as ’n integrale aspek van die kommoditeits-vorm teorie aan te bied, is nie oortuigend nie. Die teorie kan slegs slaag as ’n teorie van privaatreg, maar nie as ’n algemene teorie van die reg nie. Hierdie artikel beoog om die argument dat Pashukanis se teorie nie ’n algemene teorie is nie, te ondersoek. Dit word gedoen met spesifieke verwysings na die ontleding van misdaad en straf, en poog om te wys, histories en analities, dat die beginsel van ekwivalensie ook in hierdie gebiede van toepassing is. Die ontleding sluit in pleitonderhandeling, borgtog, noodweer, toestemming en toerekeningsvatbaarheid. In die algemeen word die onderlinge verhoudings tussen kontrakte, delikte en misdaad ook ondersoek. Die impak wat die beginsel van ekwivalensie op straf het word ook verduidelik. Ten slotte is die gevolgtrekking dat daar geen teenstrydighede tussen strafreg en die beginsel van ekwivalensie is nie. Inteendeel, strafreg is ’n vertakking van die reg waar hierdie regsvorm die opvallendste is. Die Pashukanis-regsteorie kan dus beskou word as ’n algemene regsteorie

    Book Reviews

    No full text
    In this section, the Ocean Regions Team in the Department of Political Sciences at the University of Pretoria offers short reviews of four books covering aspects related to ocean politics

    Book Review: Narrating the heritage of psychiatry

    No full text
    The edited volume, Narrating the heritage of psychiatry (2024), introduces new insights, perspectives, approaches and methods to explore the history and heritage of psychiatry. The volume is valuable for decentring dominant heritage discourses and in demonstrating the richness of narratives arising from silenced voices, community and stakeholder perspectives, archival sources and oral testimonies. Every chapter offers original research and is set to contribute to scholarly debates in the field of heritage studies, as well as aid future scholars in thinking critically and creatively in investigating additional voices and narratives in the heritage of psychiatry

    Unpacking Complex Masculinities in the Zimbabwe People’s Revolutionary Army (ZPRA) Guerrilla Warfare

    No full text
    Zimbabwe People’s Revolutionary Army (ZPRA) guerrilla warfare from the early 1960s to 1979 was fought by armed men at the front,while trained female cadres remained in the rear bases. Recruitment, training, deployment and battlefield experiences ran alongside orientation in the African home which was inclined towards male aggression and female submissiveness. Complex masculinities in this guerilla army remain a grey area of study and influence how the former fighters look meanly at one another today. Data for this article was drawn from autobiographies and interviews with former ZPRA combatants, Zimbabwe African People\u27s Union (ZAPU) publications and secondary sources, to interrogate the link between masculinity and militarism. This research established that ZPRA guerilla warfare was a meeting-point of complex masculinities with each individual guerilla discharging military duties in accordance with circumstances of the time. The article contributes to the understanding of how men behave in a war situation. The suffering and feminisation of men has not attracted much academic attention in accounts of guerilla fighters, who since the attainment of independence in 1980, became either heroes or villains. The research on masculinity contributes to men\u27s perceptions of their role in armed conflict

    The Limitations and Opportunities of Child Participation in Climate Change Litigation in Africa

    No full text
    Climate change legal frameworks call upon countries to mitigate and adapt to the adverse effects of climate change. These frameworks have influenced the creation of policies and laws addressing climate change across the globe. Activists, individuals, and civil society organisations have utilised campaigns, demonstrations, and climate change litigation to compel countries to adhere to their climate change obligations provided in these frameworks. However, climate change litigation is still in its infancy and progressing slowly in African countries. Additionally, children’s involvement in such litigation is limited despite international and domestic legal frameworks permitting their participation. This article argues that children’s participation in climate change litigation in African countries is currently tokenistic and does not afford them meaningful involvement in the decision-making processes in climate change matters. Having presented the importance of child participation, it examines the opportunities and limitations of children’s participation in climate change litigation

    3,083

    full texts

    4,792

    metadata records
    Updated in last 30 days.
    UP Journals (Univ. of Pretoria)
    Access Repository Dashboard
    Do you manage Open Research Online? Become a CORE Member to access insider analytics, issue reports and manage access to outputs from your repository in the CORE Repository Dashboard! 👇