1,720,975 research outputs found
1) SA Literature Research / SA Letterkundenavorsing; en 2) Woorde as Dade. Taalhandelinge as Letterkunde
Book Reviews / Boekresensies
SA Literature Research / SA Letterkundenavorsing Charles Malan (red.). 1984 Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing
Woorde as Dade. Taalhandelinge as Letterkunde Van Coller, H.P.; Van Jaarsveld, G.J. (reds.). 1984. Durban: Butterworth
Les rites des passage en liminaliteit van 'n migranteskrywer: Simboliese neerslag in Eben Venter se eerste drie romans
PhD (Afrikaans en Nederlands), North-West University, Potchefstroom CampusLiminaliteit speel ’n belangrike rol in die oeuvre van Eben Venter, een van die voorste Afrikaanse skrywers. Dit hou verband met durende storiegegewens in sy werk wat te make het met die karakters se periferale toestande, oorgange en buitestanderskap (emigrante, gays, vegetariërs, ekonomies en polities ondergeskiktes) én met van die belangrikste temas daarvan, naamlik grensoorskryding, afskeid, verlies, verwarring, ontheemding, trauma, aanpassing en identiteitsverlies. Venter se eerste drie boeke, ’n trits met sikliese eienskappe (vergelyk byvoorbeeld die drieledige aard van rites de passage wat in Venter se eerste drie romans neerslag vind; die herhaling van temas soos emigrasie, die ondermyning van die patriargale bestel, en die hergebruik van karaktername en -tipes in die verskillende romans) word daarom in hierdie onderhawige studie ontleed aan die hand van seminale liminaliteitsteorieë. Hierdie trits kan in ’n sekere opsig dien as voorbeeld of staalkaart van Venter se liminale werkwyse, ook omdat die verplasing van plaas na stad; van stad na die buiteland hierin sentraal staan – almal peregrinasies met “liminaliteitsgevolge”. Die liminaliteitsteorie het as grondslag die antropoloog Arnold van Gennep (1908) se teorie oor die drieledigheid van oorgangsrites (rites de passage) by stamkulture. Afskeids-/skeidingsrites behels die simboliese afsterf van ’n individu se verlede en identiteit – die verlies van ’n vorige toestand. Oorgangs-/tussenfaserites kom voor tydens die liminale fase – ’n fase van verandering wat gelyktydig destruktief en konstruktief is. Tydens hierdie fase staan die inisiant buite sy/haar normale sosiale omgewing, terwyl hy/sy onderwerp word aan ’n pynlike proses van verandering. Alhoewel die inisiant fisies en emosioneel afgekraak of afgebreek word, moet hy/sy dit transendeer, om sodoende die wêreld te betree as ’n tabula rasa (skoon bladsy). Laastens, word die inisiant onderwerp aan ’n integrasie-/herassimilasierite ten einde hom/haar weer te assimileer in die gemeenskap. Victor Turner (1967-1974) se liminaliteitsteorie is ’n uitbreiding van die middelfase – die liminale fase – van Van Gennep se driefase-struktuur. Hy het onder andere die samehorigheid van inisiante gedurende hierdie fase beklemtoon, met die gepaardgaande ontstaan van ’n communitas, asook die rol van begeleiers om inisiante deur die fase te lei. Ook van belang tydens die liminale fase is die verskyning van die triekster – ’n verleidelike figuur wat tipies binne die onsekere/verwarde liminale tussenfase verskyn. Trieksters staan buite die gevestigde strukture en is tipies amoreel, dubbelsinnig, losbandig, ’n shape-shifter, slinks en onbetroubaar. In die hedendaagse lewe ondergaan ’n individu steeds ’n verskeidenheid “rites” deur die loop van sy/haar lewe – van geboorte tot dood. Vir groepe sowel as individue beteken die lewe: skeiding en hereniging, om van toestand (status) te verander, om dood te gaan en om hergebore te word (samsara). Telkens is daar nuwe drumpels (tyd- en ruimtelik) om oor te steek: seisoene, ’n jaar, ’n maand, ’n nag, die drumpel van geboorte, adolessensie, volwassenheid, bejaardheid, die dood, en – vir gelowiges – die hiernamaals. Dit impliseer dat alle individue deur dieselfde eindelose reeks rites gaan, van lewe tot dood en van dood tot lewe. Gegewe Venter se religieuse agtergrond en die feit dat hy hom ook tot Boeddhisme gewend het vir antwoorde op eksistensiële vraagstukke met die dood van sy broer, is hierdie samsara van lewe-dood, dood-lewe van belang. Ook hy het in sy persoonlike lewe ’n hele aantal “rites” deurgegaan (plaas na stad, emigrasie, sogenaamd straight na gay, vegetarisme, ensomeer) – gebeure wat tematies neerslag vind in sy romans. Wanneer daar na Venter se eerste drie romans gekyk word binne die konteks van rites de passage, kan die argument gemaak word dat dié drie romans onderskeidelik gelees kan word as ’n afskeidsroman (Foxtrot van die vleiseters), ’n oorgangs- of liminale roman (Ek stamel ek sterwe) en ’n herassimilasieroman (My simpatie, Cerise). • Foxtrot van die vleiseters is ’n verhaal van afskeid, met legio merkers van afskeidsrites en karakters wat ’n vroeëre fase verlaat en ’n onbekende, verwarrende tyd/ruimte ingaan. Maaltye, onthale en ander feestelikhede kry seremoniële lading, terwyl die verwarring van die verbrokkelende apartheidsisteem en politieke veranderings die verhaal en die karakters dryf. Ek stamel ek sterwe verteenwoordig die liminale oorgangsfase, en is ’n uiters geslaagde en indrukwekkende representasie van die verwarring, opwinding, onsekerheid en trauma van oorgang en verandering. Drumpels, grense en oorgangsperiodes is deurgaans aan bod – die verandering vanaf die plaasmilieu na die stad, van een land na ’n ander, van vleiseter na vegetariër, van heteroseksueel (of minstens latent gay) tot homoseksuele man, en as oorkoepelende tema, die oorgang van gesond na siek en uiteindelik lewe na dood. Die ambivalente triekster-alter ego tree na vore om die hoofkarakter te verlei, terwyl ’n aantal begeleiers hom bystaan en help deur sy oorgangsfases. My simpatie, Cerise verteenwoordig binne die rituele-trits die herassimilasie-fase, die periode waar die individu tipies uit die verwarring van die oorgangsperiode terugtree in die sosiale struktuur as vernuwe en veranderde persoon. Waar die hoofkarakter(s) in die eerste twee romans ’n tradisioneel “stabiele” omgewing (die erfplaas) verruil vir ’n onstabiele omgewing (die groot hedonistiese stad, ’n losbandige subkultuur in ’n vreemde land, ensomeer), betree die hoofkarakter hier ’n meer struktuurgebonde omgewing waar hy as ondergestelde (’n eenvoudige arm tuinier en emigrant) ongeslaagd poog om te integreer binne die gemeenskapstruktuur van die ryk hoër klas van Sydney in sy aanneemland, Australië. Deur die drie romans te interpreteer as onderskeidelik verteenwoordigend van elk van die drie fases van oorgang soos gedefinieer in die liminaliteitsteorie, bevestig die plasing daarvan binne die raamwerk van ’n tipe rites de passage-trits. Alhoewel die romans oorkoepelend onderskeidelik afskeid, oorgang en herintegrasie verteenwoordig, kan aspekte van hierdie drieledige proses in elk van die drie romans aangetref word. Karakters soos byvoorbeeld Johannes, Konstant en Robert beleef in elk van die verhale hul eie rite de passage. Daarbenewens vorm die romans tematies ook ’n siklus deur die herhaling van sekere elemente (ondermyning van die patriargale struktuur, problematiese pa-seun-verhoudings, afwesige ma’s, die bakkietonele, riviertonele, rebellerende seuns, voedsel en feesmaaltye, homoseksualiteit) sowel as karaktername (Robert, Betsie, Jannie, Theresa, Fritzie) en karaktertipes (die homoseksuele seuns, emigrante, hedoniste). Die sikliese terugkeer en herinterpretasie van sleuteltemas en motiewe vorm ’n binddraad deur die drie romans en eien hierdie rites de passage-trits verder as ’n siklus. Die sikliese aard van die trits word versterk en bevestig wanneer die hoofkarakter Robert in die derde roman aan die einde van die verhaal die sisteem agterlaat en die eerste tree gee om aan te beweeg die onbekende in, wat siklies aansluit by Johannes se eerste grensdeurbrekende skuif weg van die plaas af in die eerste roman. Die keuse vir ’n sikliese bou is frappant en nie net maar ‘n willekeurigheid nie, want ’n siklus druk gewoonlik wording of verwording uit en stel ’n geheelbetekenis daar wat nie in een van die aparte dele volledig tot uiting kom nie. Soos Venter self is die hoofkarakters meestal liminale individue –gemarginaliseerdes, outsiders, buitestanders of randfigure. Die liminaal-gelaaide grensoorskrydings wat uitgeskryf word in hierdie romans toon dan ook duidelike ooreenkomste met die perigrinasies van Venter self. Verkap-outobiografies gesien verteenwoordig dit as ’t ware Venter se eie rites de passage van agrariese Suid-Afrikaanse boerseun tot homoseksuele skrywer in Australië. Verskeie grensoorskrydings in tyd en ruimte word deur die hoofkarakters meegemaak wat telkens ’n verandering by die individue teweegbring in die romans, met die daarmee gepaardgaande afskeid, verlies, verwarring, trauma, heraanpassing, individuasieproses, ensomeer. Soortgelyk het Venter ’n aantal grense oorgesteek tydens sy eie individuasiereis wat ook hom onherroeplik verander het. In aansluiting by Venter en sy karakters se liminale status, is ook die literêre skryf- en leesprosesse op sigselwers liminale handelinge. In sy skrywerskap bevind Venter homself dus in ’n liminale ruimte – ’n ruimte wat hy deel met sy lesers – en binne hierdie ruimte leef hy hom uit as trieksterskrywer. Deur die lees van sy eerste drie romans kry die leser tot ’n mate insae in Venter se eie rites de passage – die ontheemding van Foxtrot van die vleiseters, die verwarring en disoriëntasie van Ek stamel ek sterwe en die vervreemding van My simpatie, Cerise.Doctora
J.C. Steyn en Afrikaans
Met J.C. Steyn en Afrikaans – ’n viering huldig ’n aantal bekende (Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap) Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die vakkundige bydraes word sy akademiese werk – as taalkundige, taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer – belig. Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha (1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan die woord gestel word. Dit betref ’n tydperk waarin van sy belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het. Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie persoonlikheidseienskappe gefokus én op die onvermydelike sloping wat die ouderdom meebring. Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos ’n goue draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal, asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding. In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan konsentreer op die “grens-gegewe”: selfdoding, die periferale situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding tussen outeur en karakter in die biografie, kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van die narratologie en genre
Revisiting the Canon and the Literary Tradition: A South African Case Study
Literary evolution is a process that occurs in every literary system. Due to the fact that literary systems do not merely exist, but come into being, it follows that they organise and protect themselves; changes, therefore, do not readily occur. Literary evolution cannot be described in neo-positivistic terms and neither can possible changes be accurately predicted. The whole process of literary change is affected by inter-systemic aspects as well as “extraneous factors” like historical events. It is customary to describe literary evolution as the succession of “streams”, “movements” or “periods”. A period can be described as a “regulative idea”, a system of norms and conventions. In this study, the above-mentioned terms are discussed and their interconnectedness is explained. Shifts in the Afrikaans literary system of the past decades are subsequently described and possible explanations are offered.
OpsommingLiterêre evolusie is ’n proses wat in elke literatuursisteem plaasvind. Omdat literêre sisteme nie maar net bestaan nie, maar tot stand kom, is dit ook so dat hul sigself organiseer en beskerm, en derhalwe nie geredelik verander nie. Literêre evolusie kan daarom nie bloot in neo-positivistiese terme verklaar of voorspel word nie en inter-sistemiese aspekte speel ’n ewe groot rol in literêre evolusie as sogenaamde buite-faktore soos historiese gebeure. Dit is verder gebruiklik om literêre evolusie te beskryf as die opeenvolging van “strome”, “bewegings” of “periodes”. Laasgenoemde is duide-lik markeerbare norme- of konvensiesisteme. In hierdie studie word bovermelde terme eerstens bespreek en logies verbind. Vervolgens word verskuiwings in die Afrikaanse literatuursisteem van die afgelope dekades beskryf, en verklarings vir hierdie prosesse word aan die hand gedoen
Het magisch realisme in enkele recente Afrikaanse romans
Realism, with the implication that it amounts to “true” representation, is one of
the most important classification principles in traditional Afrikaans literary historiography. Recent historiographical approaches and theories undermine traditional mimetic beliefs, thus also traditional realism. Nowadays readers are to be persuaded of a possible reality by virtue of the array of verbal elements and not necessarily by “realistic” features.
In magic realist texts two oppositional systems clash, whilst each tries to create a fictional world. In this preoccupation with “images of borders and centres” reality is presented as neither fixed nor stable. Magic realist texts are therefore especially suited to represent a colonial past, eg. South African history and to undermine its master discourses by giving voice to discarded petites histoires. In conclusion to this article two novels by prominent
Afrikaans writers are discussed as illustration of the thesis that a realistic representation is not sufficient to portray South Africa and its complexities
Going Beyond Counting First Authors in Author Co-citation Analysis
The present study examines one of the fundamental aspects of author co-citation analysis (ACA) - the way co-citation
counts are defined. Co-citation counting provides the data on which all subsequent statistical analyses and mappings
are based, and we compare ACA results based on two different types of co-citation counting - the traditional type that
only counts the first one among a cited work's authors on the one hand and a non-traditional type that takes into
account the first 5 authors of a cited work on the other hand. Results indicate that the picture produced through this non-traditional author co-citation counting contains more coherent author groups and is therefore considerably clearer. However, this picture represents fewer specialties in the research field being studied than that produced through the traditional first-author co-citation counting when the same number of top-ranked authors is selected and analyzed. Reasons for these effects are discussed
- …
