1,720,963 research outputs found

    Die politieke loopbaan van Margaret Ballinger

    Get PDF
    Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1990.Afrikaans: Margaret Ballinger is op 11 Januarie 1894 as die jongste kind van Lilias en John Hodgson in Glasgow, Skotland, gebore. In 1904 het die gesin na Suid-Afrika geemigreer. Na 'n briljante skool­ loopbaan het sy 'n M.A. in Geskiedenis aan Oxford behaal, waarna sy 'n senior lektrise in Geskiedenis by die Universiteit van die Witwatersrand was. Haar akademiese loopbaan is in 1935 weens haar huwelik met die bekende vakbondleier, William Ballinger, beeindig omdat getroude vroue nie toegelaat is om permanente betrekkinge te beklee nie. Hierna het Ballinger haar tot die politiek gewend. Alhoewel sy geen parlementere ambisies gehad het nie en die Naturelleverteenwoordigingswet van 1936 ten sterk­ ste geopponeer het, het sy haar wel in 1937 in die Oos-Kaapse naturellekieskring as 'n kandidaat van die "African National Congress" verkiesbaar gestel. Dit was in terme van haar pol i­ tieke filosofie om van alle geleenthede gebruik te maak om segre­ gasie in Suid-Afrika te beveg. Ballinger het die setel teen sterk opposisie op 'n merkwaardige wyse verower en 23 jaar lank verteenwoordig. In die Volksraad het Ballinger haar as 'n briljante parlementa­ rier onderskei en sy het 'n reputasie opgebou as een van Suid­ Afrika se bekwaamstes ooit. Aansluitend daarby het sy haar as 'n onvermoeide verteenwoordiger van haar kiesers se bel ange onder­ skei. Dit, tesame met haar stryd as 'n onwri kbare opponent van enige rasse- of pol itieke onverdraagsaamheid, het Ballinger 'n internasionaal bekende persoonlikheid gemaak. Hierdie prestasie het egter heel wat moed, durf en opofferi ngs van ha arr as 'n onafhanklike vereis. Oat sy wel bereid was om hierdie opofferings vir haar ideaal van 'n veelrassige en demokratiese Suid-Afrika te maak, blyk uit haar leierskap van die Liberale Party - 'n Party wi e se st i gt i ng sy geopponeer het, terwyl sy ook nie die leierskap daarvan begeer het nie. Die tragedie van Ballinger se pol itieke loopbaan was dat sy in 1960 met haar gedwonge uittrede kragtens die Wet op die Bevordering van Bantoe-Selfbestuur (1959) prakties geisoleer en verwerp was. Vir die toenemende militante swartes was sy te gematig, terwyl sy weer vir die blankes van Suid-Afrika te radikaal was. Hierdie isolasie is vererger deur die feit dat sy nooit deel van die liberale hoofstroom was nie. In die twintiger- en dertigerjare is sy as te radikaal geag, terwyl sy teen die vyftigerjare as te konserwatief geoordeel is. Oat haar uittrede saam met die geweldpleging en noodtoestand van 1960 moes val, was 'n bitter pil vir Ballinger. Sy het gevoel dat sy in al haar politieke doelwitte gefaal het. Die teenoorgestelde is egter waar, deurdat Ballinger die vlam van Suid-Afrikaanse liberalisme en die ideaal van 'n veelrassige demokrasie in Suid-Afrika tydens haar merkwaardige parlementere loopbaan aan die lewe gehou het.English: Margaret Ballinger was born in Glasgow, Scotland, on 11 January 1894 and was the youngest child of Lilias and John Hodgson. The family emigrated to South Africa in 1904. After a brilliant school career, she completed an M.A. in History at Oxford and thereafter became a senior lecturer in History at the University of the Witwatersrand. Her academic career ended in 1935 due to her marriage to the well-known trade union leader, William Ballinger, as married women were not allowed to hold permanent posts. After this Ballinger devoted herself to politics. Although she had no parliamentary ambitions, and strongly opposed the Representation of Natives Act of 1936, she made herself available as an African National Congress candidate in the Eastern Cape native electoral circle in 1937. This was a result of her political philosophy to use every opportunity to fight segregation in South Africa. Ballinger won the seat in spite of strong opposition and represented it for a period of 23 years. In the House of Assembly Ballinger distinguished herself as a brilliant parliamentarian and was reputed to be one of South Africa's most able politicians. In addition, she proved to be an untiring representative of her voters. This, together with the fact that she opposed any racial or political intolerance, made Ballinger an internationally known personality. This achievement took a lot of courage and sacrifices from her as an independent. That she was prepared to make these sacrifices in order to 7 achieve her ideal of a multiracial and democratic South Africa, is shown by her leadership of the Liberal Party - a party whose founding she opposed and whose leadership she did not seek. The tragedy of Ballinger's political career was that she was politically isolated and rejected by her constituents at the time of her forced retirement in terms of the Promotion of Bantu Self Government Act of 1959. She was too moderate for the increasingly militant blacks, and too radical for the whites of South Africa. This isolation was aggravated by the fact that she never was part of the liberal main stream. During the twenties and thirties she was considered to be too radical, and during the fifties she was regarded as being too conservative. The fact that her retirement coincided with the violence and the state of emergency of 1960 was a bitter one for Ballinger. She felt that she had failed in all her political goals. However, the opposite is true, as Ba 11 i nger in fact kept the flame of South African liberal ism and the ideal of a multiracial and democratic South Africa burning throughout her amazing parliamentary career.Historical and Heritage StudiesDPhilUnrestricte

    'n Geskiedenis van die Universiteit van Pretoria

    Get PDF
    In 1960, vyftig jaar na die inwerkingtreding van Wet No. 1 van 1910, het UP se eerste formele geskiedskrif verskyn: onder die titel AD DESTINATUM. Die geskiedenis van die Universiteit van Pretoria is selfs verder teruggevoer as die totstandkoming op 11 Februarie 1908 van die Pretoriatak van ans voorganger, die Transvaalse Universiteitskollege. Want onder meer is in herinnering geroep die verskeie pogings in die tyd van presidente T.F. Burgers en S.J.P. Kruger om tersiere onderwys in die toentertydse Zuid-Afrikaansche Republiek gevestig te kry. Ook is die aanloop tot die voormelde wetgewing breedvoerig behandel, wat gelei het tot 'n omvattende en tegelyk gesaghebbende werk wat steeds hoe aansien geniet het en vir menige persoon binne universiteitsgeledere 'n onmisbare bran van inligting is. Tydens 'n vergadering van die destydse Finansies- en Eiendomskomitee, gehou op 24 Augustus 1972, is daar gevra "of die tyd nie aangebreek het dat aandag gegee word aan die geskiedskrywing van die Universiteit vir die tydperk na 1960 nie"; die gevolglike aanbeveling is deur die Raad op 15 September 1972 goedgekeur, met 1975 as afsnydatum. Dit het meegebring dat 'n pos van navorsingsbeampte vanaf 1 Januarie 1976 geskep is, met mnr. Gerrit Pool, tevore lektor in Geskiedenis aan Unisa, as die bekleer. Uit 'n verslag van die hoof van die Departement Geskiedenis, gedateer 29 November 1979, blyk 'n verwagting dat die publikasie in 1980 gereed sou wees-om saam te val met die beplande halfeeufeesviering van die Universiteit van Pretoria. Mnr. Pool beeindig egter sy diens voordat die werk afgehandel is en. daar word dus voorgestel dat die projek ook die vyftigjaarherdenking van Afrikaanswording in 1982 sou insluit. Met hierdie nuwe mikpunt voor oe is die taak aan prof. A.N. Pelzer opgedra, met 'n aanstelling vanaf 1 Januarie 1981, nadat hy pas tevore die tuig as Vise-rektor neergelê het. Prof. Pelzer het die taak met kenmerkende geesdrif en ywer aangepak in terme van 'n opdrag om die werk binne 'n redelike tydsverloop te voltooi. Hoewel sy benadering enigsins verskil het van die van mnr. Pool, het vordering spoedig duidelik geblyk uit sy periodieke verslagdoening aan die Rektor. Onverwags is professor Pelzer op 16 Oktober 1981 oorlede en kom die projek andermaal tot stilstand. Om verdere vertragings of toevallighede te voorkom, is daar vervolgens twee aanstellings gemaak: eers prof. F.J. du T. Spies, voormalige hoogleraar Ill Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria, op 1 Januarie 1982, en vier maande later, op 1 April 1982, dr. D.H. Heydenrych, van die Departement Geskiedenis wat as senior navorsingsbeampte aangestel is met die voltooiing van AD DESTINATUM II as primêre opdrag. Aan die twee here is ons dan ook die finale afhandeling van die taak, wat sedertdien een van enorme omvang geword het, te danke. Trouens, gedagtig aan die uitgestrekte en selfs traumatiese verloop van gebeure vandat die saadjie in 1972 geplant is, is baie besondere waardering aan hulle verskuldig: vir volgehoue entoesiasme en buitengewone toewyding! Met dankbaarheid, voorts, word gedink aan wyle prof. E.M. Hamman tydens wie se rektorskap die projek van stapel gestuur is, en aan prof. C.H. Rautenbach, Emeritus-rektor, met wie insiggewende gesprekke gevoer is. En dan besondere dank aan die volgende persone en instansies wat deurlopend behulpsaam was: Mej. M.H.A. Pretorius, hoof van die liasseerafdeling van die Universiteit en haar personeel, vir deurlopende opspoor van bronne. Al die tiksters wat oor 'n aantal jare gehelp het met die tik van die manuskrip, veral mev. J.C. du Randt, wat grootliks verantwoordelik was vir die finale tikwerk. Die Buro vir Openbare Betrekkinge vir die uitsoek van illustrasiemateriaal, meer in besonder mnr. J.J.H. Victor en sy personeel. Die personeel van Inligtingsdienste vir die opspoor van statistiek en die teken van grafieke, by name mnr. J.D.R. Brits, hoof van die afdeling, en mev. E.M. van Wyk. Die sentrale administrasie van die Universiteit wat die skrywers dikwels van advies bedien het oor die opspoor van inligting, veral mnre. J.W.J. Koekemoer, J.C. Coetzer en H.L. Potgieter. Die onderskeie registrateurs vir aanmoediging en telkens ook praktiese hulp. Prof. L.C. Eksteen wat die taalversorging van die manuskrip op kenmerkend deeglike en tegelyk entoesiastiese wyse behartig het. Die verskyning van AD DESTINATUM II, danksy die entoesiasme enersyds en ywer andersyds van baie welwillende mense, is nie net die bereiking van 'n nuwe mylpaal nie: inderdaad lui dit 'n nuwe era binne-wat sal lei, hopelik, tot 'n derde nommer in ons reeks van huishoudelike geskiedskrifte. Wat hier te boek gestel is, gaan gewis minstens dieselfde rol, indien nie 'n veel grater een nie, vervul in orls strewe om die verlede in herinnering te roep onderwyl ons op pad is na 'n selfs roemryker toekoms!Digitised by the Department of Library Services in support of open access to information, University of Pretoria, 202

    F A V AN JAARSVELD AS GESPREKSGENOOT

    Get PDF
    Daar is \u27n faset van F A vanJaarsveld die akademikus en denker wat waarskynlik nooit voldoende erkenning sal kry Die omdat dit, weens die informele aard daarvan, nooit op rekord geplaas sal word Die, en wat tog vir baie kennisse en kollegas sal bybly. Dit is sy informele gesprekke. Rondom \u27n koppie tee by die universiteit, in sy kantoor rond-om die koffietafeltjie, wanneer \u27n mens by horn aan huis kom, selfs oor die telefoon of tydens \u27n informele gesprek na \u27n formele lesing, borrel die gedagtes soms soos uit \u27n fontein en laat dit die aanhoorder dikwels nadenkend en verryk weggaan

    Die eerste spoorweg in Suid-Afrika

    No full text
    -&nbsp

    PAUL KRUGER UITOORL, VIR SY EIE BESWIL

    Get PDF
    In Maart 1894 is President Paul Kruger op \u27n vernuftige wyse deur \u27n koerantredakteur om die bas gelei om te verseker dat hy \u27n spoorwegkontrak aan die Natalse regering toeken. En die verbasendste aspek van die petalje was dat dit die Zuid-Afrikaansche Republiek ten goede gekom bet! Dit bet SODS volg gebeur

    Going Beyond Counting First Authors in Author Co-citation Analysis

    Get PDF
    The present study examines one of the fundamental aspects of author co-citation analysis (ACA) - the way co-citation counts are defined. Co-citation counting provides the data on which all subsequent statistical analyses and mappings are based, and we compare ACA results based on two different types of co-citation counting - the traditional type that only counts the first one among a cited work's authors on the one hand and a non-traditional type that takes into account the first 5 authors of a cited work on the other hand. Results indicate that the picture produced through this non-traditional author co-citation counting contains more coherent author groups and is therefore considerably clearer. However, this picture represents fewer specialties in the research field being studied than that produced through the traditional first-author co-citation counting when the same number of top-ranked authors is selected and analyzed. Reasons for these effects are discussed

    Variations on the Author

    Get PDF
    “Variations on the Author” discusses two of Eduardo Coutinho’s recent films (Um Dia na Vida, from 2010, and Últimas Conversas, posthumously released in 2015) and their contribution to the general question of documentary authorship. The director’s filmography is characterized by a consistent yet self-effacing form of authorial self-inscription: Coutinho often features as an interviewer that rather than express opinions propels discourses; an interviewer that is good at listening. This mode of self-inscription characterizes him as an author who is not expressive but who is nonetheless markedly present on the screen. In Um Dia na Vida, however, Coutinho is completely absent form the image, while Últimas Conversas, on the contrary, includes a confessional prologue that moves the director from the margins to the center of his films. This article examines the ways in which these works stand out in the filmography of a director who offers new insights into the notion of cinematic authorship

    Appropriate Similarity Measures for Author Cocitation Analysis

    Get PDF
    We provide a number of new insights into the methodological discussion about author cocitation analysis. We first argue that the use of the Pearson correlation for measuring the similarity between authors’ cocitation profiles is not very satisfactory. We then discuss what kind of similarity measures may be used as an alternative to the Pearson correlation. We consider three similarity measures in particular. One is the well-known cosine. The other two similarity measures have not been used before in the bibliometric literature. Finally, we show by means of an example that our findings have a high practical relevance.information science;Pearson correlation;cosine;similarity measure;author cocitation analysis

    Dispelling the Myths Behind First-author Citation Counts

    Get PDF
    We conducted a full-scale evaluative citation analysis study of scholars in the XML research field to explore just how different from each other author rankings resulting from different citation counting methods actually are, and to demonstrate the capability of emerging data and tools on the Web in supporting more realistic citation counting methods. Our results contest some common arguments for the continued use of first-author citation counts in the evaluation of scholars, such as high correlations between author rankings by first-author citation counts and other citation counting methods, and high costs of using more realistic citation counting methods that are not well-supported by the ISI databases. It is argued that increasingly available digital full text research papers make it possible for citation analysis studies to go beyond what the ISI databases have directly supported and to employ more sophisticated methods
    corecore