UP Journals (Univ. of Pretoria)
Not a member yet
4792 research outputs found
Sort by
Match fixing in sport: a top priority and ongoing challenge for sports governing bodies*: Wedstrydknoeiery in Sport: ’n Groot Prioriteit en Voortdurende Uitdaging vir Sportbeheerliggame
Die gewildheid, wêreldwye invloed en finansiële impak van sport - wat tans meer as 3% tot internasionale handel bydra - is ook verantwoordelik vir ’n groot aantal noemenswaardige probleme, onder andere korrupsie in die vorm van knoeiery, wat al meer algemeen voorkom en soveel verskillende sportsoorte raak, insluitende sokker - die wêreld se gunsteling en mees winsgewende sport! Sport beheerliggame op internasionale-, nasionale- en streeksvlakke is gedurig besig om hierdie plaag van knoeiery te probeer hokslaan, met gemengde resultate. ’n Groot probleem wat hulle in die gesig staar is om op hoogte te bly met nuwe tegnologiese ontwikkelinge, soos aanlyn weddenskappe wat deur groot weddenskap-sindikate gebruike word om resultate van sport byeenkomste te beïnvloed, wat die integriteit en regverdigheid waarvoor sport bekend is, of ten minste bekend moet wees, ondermyn. Hierdie is ’n deurlopende stryd wat gewen moet word! Hierdie artikel bespreek die voortdurende stappe wat geneem word deur sport beheerliggame en ander organisasies met ’n gevestigde belang daarin om ontslae te raak van knoeiery in sport
The right to say “I don’t”: The reception of the action for breach of promise: Die Reg om “Nee” te sê: die Resepsie van die Aksie vir Troubreuk
Hierdie artikel speur die ontwikkeling en aard van die aksie vir troubreuk na van sy Romeinse oorsprong af deur die Kanonieke-, Engelse- en Romeins-Hollandse reg heen tot by die Suid-Afrikaanse reg in die jaar 2013. Die sosiale konteks waarbinne die aksie toepassing gevind het, word ook telkens geskets om die interaksie tussen die reg en sosiale faktore te illustreer. Die volgende premis word deur hierdie oorsig bevestig: die toepassing van die aksie vir troubreuk binne ’n regstelsel weerspieël die mores van die eietydse gemeenskap. Die feit dat die aksie vir troubreuk langer as ’n halwe eeu onder dispuut in die Suid-Afrikaanse howe en onder regsgeleerdes is, dui daarop dat die aksie lank reeds nie meer strook met bogenoemde premis nie. Die wye nuusdekking wat die onlangse saak van Bridges v Van Jaarsveld geniet het en regter Harms se bedenking oor die paslikheid van so ’n aksie in ons tyd, het hierdie dissonansie opnuut aan die kaak gestel. Met regter Henney se uitspraak in die saak van Cloete v Maritz in April 2013 word daar eindelik weggedoen met die aksie vir troubreuk in Suid-Afrika. Met Regter Harms se rigtinggewende obiter dictum as basis gee ons ’n opsomming van faktore wat bydra tot die aksie se ongewensdheid binne ’n moderne Suid-Afrikaanse konteks. Baie spesifieke omstandighede het veroorsaak dat dit lank geneem het vir sosiale kragte om ’n impak op die reg te hê, maar ten slotte kon die aksie vir troubreuk nie die veranderende houdings, gewoontes en realiteite van die Suid-Afrikaanse samelewing oorleef nie
Nedbank Ltd v Swartbooi Unreported Case No 708/2012 (ECP): Termination of debt review in terms of the National Credit Act - not the end of the road for over-indebted consumers
Regional harmonisation of international sales law via accession to the CISG and the importance of uniform interpretation of the CISG*: Streeksharmonisering van Internasionale Koopreg via Toetrede tot die Weense Koopverdrag en die Belangrikheid van Eenvormige Interpretasie van die Verdrag
Internasionale unifisering of harmonisering van substantiewe reg is in die afgelope paar dekades primêr deur middel van internasionale verdrae teweeggebring. In die veld van internasionale koopkontrakte vir roerende goedere, is die Weense Koopverdrag ’n invloedryke internasionale verdrag wat die internasionale unifisering van die reg in dié veld ten doel het. Unifisering of harmonisering van substantiewe reg by wyse van ’n internasionale verdrag kan egter slegs bewerkstellig word indien die verdrag eenvormig in die verskillende lidlande geïnterpreteer word. Artikel 7(1) van die Weense Koopverdrag is die verdrag se interpretasieklousule en vereis dat, eerstens, die internasionale karakter van die Weense koopverdrag, tweedens, die noodsaaklikheid daarvan om eenvormigheid van die verdrag se toepassing na te streef en derdens, die behoud van goeie trou in internasionale handel, in die interpretasie van die verdrag in ag geneem moet word. Die eerste interpretasievoorskrif het tot inhoud dat daar aan die verdrag se bepalings ’n outonome betekenis geheg moet word - sonder verwysing na regskonsepte en instellings van nasionale jurisdiksies. Die tweede interpretasievoorskrif bevestig die feit dat eenvormige toepassing van die verdrag slegs by wyse van eenvormige interpretasie van die verdragsbepalings bewerkstellig kan word. In hierdie verband is dit van kardinale belang dat jurisdiksies in die interpretasie van die verdrag se bepalings, interpretasies van ander jurisdiksies in ag neem. Op die wyse ontstaan daar ’n internasionale gesprek ten aansien van die interpretasie van die verdrag wat eenvormige interpretasie bevorder. Daar bestaan verskeie omvattende elektroniese databasisse waarop nasionale Weense Koopverdraguitsprake beskikbaar gestel word en hierdie feit maak dit daagliks makliker vir nasionale howe om relevante uitsprake van ander jurisdiksies in ag te neem. Die derde interpretasievoorskrif in artikel 7(1) vereis dat die verdrag se bepalings op so ’n wyse geïnterpreteer moet word dat die toepassing van die bepalings tot redelike en billike resultate lei. In lig van die feit dat artikel 7(1) van die Weense Koopverdrag nie ’n teoretiese interpretasiemetodologie voorskryf nie, is dit van belang dat daar na die relevante bepalings van die 1969 Verdragsregkonvensie verwys word. Die interpretasiemetodologie soos toegepas op die Weense Koopverdrag word in hierdie bydrae ontleed. Die gevolgtrekking word gemaak dat eenvormige interpretasie van die Weense Koopverdrag inderdaad moontlik is indien daar aan die vermelde interpretasie voorskrifte gehoor gegee word. Waar dit die geval is, sou die Weense Koopverdrag ‘n geskikte instrument wees om internasionale en regionale harmonisering van die reg aangaande internasionale koopkontrakte teweeg te bring. Daar word dus aan die hand gedoen dat alle SAOG-lede lidlande van die Weense Koopverdrag word
State Fragility and the Drivers of Insurgency in Nigeria
What drives insurgency in fragile states? Is insurgency sustenance a function of ideology, economy, or something else? These and other questions have confronted scholars and government officials since the advent of insurgency activities in Nigeria’s Northeast region. These questions are germane as actions and inaction taken to eradicate insurgency and its disruptive actions have met with little success. Using primary and survey data, this article probes and contextualizes the factors that spawned insurgency activities in the region including its adaptive features. The purpose of the article is further to assess policy options that could help contain and eradicate insurgent activities in Nigeria.
Editorial: Blind spots: Trickery and the ‘opaque stickiness’ of seeing
In a flash the spot will disappear, and in its place – and this is the interesting thing – there is nothing … According to experimental psychology, the eye does not fill in the blind spot, but tricks us into thinking that it has been filled … the blind spot is pure absence of vision, and cannot be experienced at all … The blind spot … is an invisible absence: an absence whose invisibility is itself invisible (Elkins 1996:170)
Design for Sustainability in Higher Education Institutions: towards a more responsive curriculum in Cape Town
In this article, the authors discuss the key findings from a study that investigated the level of awareness of, and engagement with Design for Sustainability (DfS) among three categories of actors within the Cape Town communication design fraternity: design educators, design students and design professionals. It focuses specifically on the degree of application of DfS within three selected Higher Education Institutions (HEIs) in Cape Town. A major gap in the teaching and practice of DfS was identified; these were the result of several tensions that existed within the academic space. The authors unpack these tensions and explore possible ways to enrich the education around DfS in order to build a community of change agents who are responsive to the environmental, sociocultural and economic impacts of their work. They showcase practical examples of how local designers have addressed sustainability issues positively through their design solutions, as well as highlight how communication designers can address the United Nations’s Sustainable Development Goals (SDGs)
People, images, a world. Images of human beings in missionary magazines during the time of the German Empire
From 6 to 8 October 2016, I was privileged to attend a colloquium on the above topic held at the Leibniz Institute for European History in Mainz, Germany, sponsored by the Institut für Mainzer Kirchengeschichte and the Fritz Thyssen Foundation. What follows is a fairly free English translation of the purpose of the colloquium as articulated by the organisers, and an overview of the presentations