358 research outputs found
Die Institusie van Calvyn.
Ek wil hier geen verhandeling oor Calvyn se onderwysing in die Christelike godsdiens skrywe nie maar net die aandag vestig op die feit dat hierdie werk van Calvyn nou ook in Afrikaans verkrygbaar is
Die Hermeneutiek van Calvyn
Wanneer ons Calvyn bestudeer dan is dit nie alleen belangrik om te luister na wat Calvyn sê nie, ons moet ook daarop let hoe hy die dinge sê. By die vak hermeneutiek is ons geneig om te spreek van ’n hermeneutiese metode. Daar word selfs gepraat van die tegniek van die eksegese
Die voorsienigheidsleer van Calvyn: Uit sy debatte
Calvyn se leer van God se voorsienigheid is ongetwyfeld een van die mees kontroversiële onderwerpe van sy teologie. Dit word duidelik in al die debatte waarin Calvyn sy leer oor die voorsienigheid moes verdedig, byvoorbeeld teen Pighius, Bolsec, Bullinger en Castellio. Vyfhonderd jaar later word Calvyn weer in die openbaar oor sy voorsienigheidsleer aangeval deur ’n Suid-Afrikaanse teoloog, Adrio König. Calvyn se antwoord op Castellio in Die verborge voorsienigheid van God is duidelik nie deur König in ag geneem nie. In Calvyn se verdediging van sy voorsienigheidsleer verwerp hy nooit die soewereiniteit van God nie, maar gee ook nie vir God die skuld vir die kwaad nie – ’n beskuldiging wat Castellio en König teen Calvyn inbring. Die troos van God se voorsienigheid lê vir Calvyn juis daarin dat God alle dinge, ook teenspoed en verdrukking, deur sy verborge voorsienigheid beskik met die doel om sy kinders nader na Hom te lei.
Calvin’s teaching on providence: From his debates. Calvin’s teaching on God’s providence is without doubt one of the most controversial subjects in his theology. This is clear in all the debates in which Calvin had to defend his teaching on providence, against, for example, Pighius, Bolsec, Bullinger and Castellio. Five hundred years later Calvin has again been publicly attacked on his teaching on providence by a South African theologian, Adrio König. König, however, did not consider Calvin’s response to Castellio in The secret providence of God. In Calvin’s defence of his teaching on providence he in no circumstances denies the sovereignty of God, but also does not give God the blame for any ills that might result – an accusation that Castellio and König levied against him. For Calvin, the consolation of God’s providence rests in the fact that God ordains all things, including adversity and affliction, through his secret providence for the purpose of leading his children closer to him
Die regering van die kerk volgens Calvyn
As ons die beginsels wat Calvyn aangedui het vir die regering van die kerk wil nagaan, moet ons noodsaaklik navraag doen na sy kerkbegrip. Gelukkig is dit in hierdie geval nie nodig nie, want net in die vorige uitgawe van Koers het ’n artikel verskyn oor „Die wese van die kerk volgens Calvyn”. In noue aansluiting daarby kan ons dus direk aandag skenk aan sy beginsels vir kerkregering
Die wese van die kerk volgens Calvyn
Die leer van die kerk by Calvyn is een van die gewigtigste en verreikendste stukke in die hele Calvinistiese sisteem. Daar was seker geen enkele saak waaraan Calvyn meer aandag gegee het en wat hom nader aan die hart gelê het as die herlewing van die idee en die praktyk van die ware kerk nie
Calvyn se hermeneutiek in sy betekenis vir ons tyd
Kort na die Tweede Wêreldoorlog is aan die Potchefstroomse Universiteit ’n proefskrif ingehandig deur J. F. Schwar oor die hermeneutiek van Calvyn. Schwar se dissertasie wat in Latyn geskrywe is onder die titel: De Scriptura Sacra rite tractanda ex Calvini commentariis in Novum Testamentum recognita toon duidelik aan hoe belangrik vir Calvyn die eksegese van die Bybel is
Die ,,Epistre au Lecteur" van Calvyn
Die gangbare opvatting ten opsigte van Calvyn se kuns- en musiekbeskouing soos dit blyk uit musiekgeskiedkundige bronne, stel hom voor as totaal wars van enige vorm van kuns
Die mensbeskouing van Calvyn
Daar is by Calvyn geen twyfel daaroor dat God die mens geskápe het nie (Inst. 1.15.1). Dit is vir hom só vanselfsprekend dat hy in sy Inslitusie byna oor hierdie feit heen beweeg sonder oin dit in besonderhede uit te spel. Hy gaan ook onmiddellik daartoe oor om die onderskeid tussen siel en liggaam te behandel (Inst. 1.15.2)
Calvyn, Luther en kerkeenheid
This article deals with Luther and Calvin's efforts to preserve and promote church unity. Attention is given to their role as leaders of the reformational movement who self-evidently had to unite people from different countries. Special attention is given to Calvin's ecumenical activities. Information is given about his letters, pastoral advice and mediation efforts. Short notes are also provided on their dogmatic explications for the unity of the church.Hierdie artikel handel oor die pogings van Luther en Calvyn om kerkeenheid te bevorder. Aandag word gegee aan hulle rol as leiers van die reformatoriese beweging wat vanselfsprekend mense uit verskillende lande moes verenig. Spesiale aandag word aan Calvyn se ekumeniese aktiwiteite gegee. Inligting word gegee oor sy briewe, pastorale adviese en bemiddelingspogings. Kort notas word ook verskaf oor hulle dogmatiese besinnings oor die eenheid van die kerk
Calvyn-Jubileum V.: Die geneefse akademie van calvyn
Op 5 Junie 1559 het Johannes Calvyne en van sy vurigste lewenswense vervuld gesien. Op daardie dag het die openingsplegtigheid van die Geneefse Akademie plaasgevind. Dit was inderdaad ’n plegtigheid. In die sg. summum templum en in die aanwesigheid van ’n groot aantal hoogwaardigheidsbekleërs en van 'n 600 studente het Calvyn die leiding van die opening waargeneem. Onder die hoë gaste was daar vier lede van die Senaat of Raad, enkele predikante en die benoemde hooglerare en lerare van die Akademie
- …
